
Bedryf deur Profesionele persone
Debt Rescue word bedryf deur skuldberaders, prokureurs, rekenmeesters en oud-senior bankiers. Omdat skuldberading ‘n ernstige regsproses is, is nie alle geregistreerde skuldberaders noodwendig in staat om die uitdagings wat met die proses gepaardgaan, te hanteer nie. Om met ‘n bevoegde skuldberader te handel kan lei tot ‘n lewensveranderende sukses, maar in die hande van ‘n onbevoegde skuldberader kan die proses rampspoedig wees.
Hoogste vlak van sukses in SA
As een van die mees prominente rolspelers in die bedryf, is Debt Rescue se onberispelike reputasie vir ons van die uiterste belang. Ons poog om die beste kliëntediens en skuldbestuurhulp in Suid-Afrika te verskaf.
Meertalige Bystand
Dit is absoluut noodsaaklik dat al ons kliënte die voordele van skuldberading sowel as die skuldberadingsproses verstaan. Ons opgeleide skuldberaders kan ons kliënte help in 9 van die amptelike Suid-Afrikaanse tale. Jy kan gerus wees dat jy skuldbestuurhulp in jou moedertaal sal ontvang.

Diskrete Diens
Skuld is nie ‘n vernedering nie. Die kans is goed dat 46% van al die mense wat jy ken finansieel in nood is. Ons verstaan egter dat skuld ‘n sensitiewe onderwerp vir die meeste mense is. Daarom hanteer ons alle aansoeke met die grootste vertroulikheid. Jou werkgewer, kollegas en vriende sal nie weet dat jy van skuldberading gebruik maak om jou te help om slegte skuld te verminder nie.
Gevestigde Verhoudings
Ons het uitstekende verhoudings met kredietverskaffers regdeur die bedryf, wat die proses om sake en dispute met kredietverskaffers vinniger en makliker maak op te los. Ons kan ook laer skuldterugbetalingsplanne met jou krediteure beding om jou te help om uit die skuld te kom. Ons gevestigde verhoudings verseker ‘n baie hoë sukseskoers van die skuldbestuursproses as geheel.
Uiters maklike proses
Een doelwit is om gerieflike en bekostigbare skuldberading in Suid-Afrika aan te bied. Jy kan óf reël vir ‘n konsultasie persoonlik; of die hele proses kan telefonies en per e-pos afgehandel word, wat dit vir jou uiters maklik maak om van ons dienste gebruik te maak. Laat ons jou hand vat en jou deur die hele skuldberadingsproses lei. Ons dienste strek oor die hele land so, maak nie saak waar in Suid-Afrika jy woon nie, kontak ons vir hulp.

Gereguleerde Tariewe
Alle skuldberaders se fooie word deur die Nasionale Krediet Reguleerder (NCR) gereguleer en is by jou bekostigbare skuldterugbetalingsplan ingesluit. Jou maandelikse skuldhersienings betalings bedrag is spesifiek vir jou situasie en hoeveel skuld jy in totaal het. Alle skuldberaders word deur die NCR toegelaat om sekere fooie te hef wat insluit:
- ‘n Eenmalige aansoekfooi van R350 (BTW uitgesluit).
- ‘n Eenmalige herstruktureringsfooi gelykstaande aan die eerste maand se betaling wat beperk is tot ‘n maksimum van R8000 (BTW uitgesluit) vir ‘n enkele aansoek en R9000 (BTW uitgesluit) vir ‘n gesamentlike aansoek.
- ‘n Maandelikse nasorgfooi van 5% (BTW uitgesluit) van die skuldhersieningsbetaling, met ‘n maksimum van R450 (BTW uitgesluit)
Spesialis Prokureurs
Ons maak slegs gebruik van spesialis prokureurs op die gebied van skuldberading. Ons prokureurs het uitgebreide ondervinding en ‘n diepgaande begrip van die NCA sowel as gevestigde netwerke van nasionale korrespondente en is altyd op hoogte met die jongste veranderinge in die wet rakende Skuldberading.
Uitstekende suksessyfer
Die jongste beskikbare statistieke van die NCR dui daarop dat meer as 11 miljoen verbruikers kredietrekords verswak het. Dit is meer as 46% van alle kredietaktiewe verbruikers in Suid-Afrika. Sedert die implementering van die Nasionale Kredietwet, het skuldberading duisende verbruikers gehelp om hul finansiële nood te verlig en, waar moontlik, hul bates te red met ‘n suksesvolle skuldterugbetalingsplan.
Deur hierdie vorm te voltooi, verskaf jy Debt Rescue van bogenoemde persoonlike inligting en erken jy die bepalings van Debt Rescue se Privaatheidskennisgewing.
Wil jy eers met iemand gesels?
Skakel ons
0861 123 644E-pos ons
info@debtrescue.co.za