-->

Eskompryse is ‘n ramp

KAAPSTAD. – As die Nasio- nale Energiereguleerder (Ner- sa) Eskom se aansoek vir ‘n 25%-kragverhoging toestaan, is dit ” ‘n ramp wat miljoene verbruikers in dieper skuld gaan dompel”.
So waarsku Neil Roets, uit- voerende hoof van die skuld- beradingsmaatskappy Debt Rescue, oor Eskom se jongste aansoek vir die heropening van tariefonderhandelinge vir 2015-16.
Nersa het reeds ‘n 12,69%- verhoging vir die nuwe boek- jaar goedgekeur, maar Eskom vya nou vir ‘n ekstra 10% vir die R32,9 miljard wat hy aan sy dieselkragopwekkers moes bestee en vir R9 miljard wat hy aan sy korttermyn-kragte- rugkoopprogram bestee.
Daarby kom 2,51% vir die 2c/kWh-verhogingvir die omgewingsheffing.
Roets waarsku die byko- mende verhoging kan talle
ondernemings tot bankrot¬skap dryf
“Verbruikers sal eenvoudig nie so ‘n groot verhoging son¬der baie ernstige gevolge kan absorbeer nie. Bykans alle goedere en dienste is van elektrisiteit afhanklik en dit sal lei tot aansienlike prys- verhogings in bykans elke kommoditeit waarvan Suid- Afrikaners afhanklik is.”
Prof Raymond Parsons van die Noordwes-Universiteit se sakeskool waarsku oor die bose kringloop wat Eskom skep deurdat hy kliente ont- . moedig om krag te gebruik wat sy inkomste raak, wat hom dwing om tariewe te verhoog, wat weer kliente ontmoedig om krag te ge-bruik.
Parsons se die verhoging se inflasie-impak kan die Reser- webank oortuig om rente- koerse later vanjaar te ver¬hoog.
Kleinsake ly reeds onder beurtkrag, en sal die ekstra koste moet absorbeer.
Intussen word openbare sit¬tings glo net in Gauteng oor die heropende tariefaansoek beoog. Nersa se lede van die publiek en kragverbruikers sal tot 15 Junie kans kry om daarop kommentaar te lewer, en openbare sittings word op 23 en 24 Junie in Gauteng be¬oog, met Nersa se besluit op 29 Junie.
Regstreekse Eskom-kliente betaal reeds van 1 April 12,6% meer vir krag en Es-kom vra munisipaliteite 14,2% meer. Huishoudings sal eers in Julie weet hoe munisipaliteite tariefverho- gings gaan deurgee.
Die ingenieur en kragken- ner Chris Yelland se as Nersa die verdere tariefverhogings goedkeur, sal dit “waarskyn- lik” van 1 September geld. ? Eskom se aansoek is by www.nersa.org.za te lees. Skriftelike kommentaar kan na mypd3@nersa.org.za ge- stuur word of na Posbus 40343, Arcadia, 0083, Pretoria

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email