86% van Suid-Afrikaners sny kos om elektrisiteit te kan bekostig

radio interviews

In ʼn onlangse episode van Impak met Esté Gross op Pretoria FM, het Annaline van der Poel, Bedryfshoof van Debt Rescue, ernstige kommer uitgespreek oor die finansiële druk op Suid-Afrikaanse huishoudings.

Volgens ʼn meningsopname wat Debt Rescue voor en ná die 12.7%-verhoging in Eskom-tariewe gedoen het, het 86% van respondente aangedui dat hulle minder kos en kruideniersware aankoop. Baie van hulle het ook hul vervoerkoste begin verminder om hul elektrisiteitsrekeninge te kan bekostig. Dit blyk dat baie huishoudings reeds finansieel gesukkel het nog voordat die verhoging in werking getree het.

Van der Poel het verduidelik dat hoewel inflasie dalk op papier afneem, voedsel- en brandstofkoste steeds aanhou styg. Mense kry nie noemenswaardige salarisverhogings nie, en steeds meer verbruikers word gedwing om kos op krediet aan te koop, wat hulle in ʼn skuldspiraal plaas.

Sy herinner luisteraars daaraan dat die Nasionale Kredietwet voorsiening maak vir skuldberading, ʼn wettige oplossing wat verbruikers help om hul skuld op ʼn bekostigbare manier af te betaal, terwyl noodsaaklike lewenskoste gedek word. 

Sy moedig enigiemand wat nie meer hul skuld kan hanteer nie aan om met ʼn geregistreerde skuldberader kontak te maak vir ʼn gratis en vertroulike assessering.

Luister na die Pretoria FM opname hier:


Contact Us

Trending

Let Us Help You

I agree to the processing of my personal information as outlined in the Privacy Notice.

Your Submission was successful