Eskom-prysverhoging: Lewer só kommentaar

Lede van die publiek en kragverbruikers het tot 15 Junie om kommentaar te lewer op Eskom se aansoek om ’n totale tariefverhoging van 25,3% vir die jaar.

Die Eskom-aansoek sal later Woensdag op die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) se webwerf gepubliseer word, het Nersa in ’n verklaring bekend gemaak.

Dít nadat berig is Eskom sou graag dringend ’n beslissing wou hê en daar voortydig gehoop is Nersa sou sommer Woensdag al aankondig of hy die aansoek toestaan.

Die ingenieur en kragkenner Chris Yelland het getwiet dat mense moet onthou Eskom het reeds sowat nagenoeg die helfte van die 25%-verhoging waarvoor hy aansoek doen, op 1 April ingestel.

Nersa het verlede week aangekondig hy het einde April Eskom se aansoek ontvang vir die heropening van tariefonderhandelings vir 2015-’16. Eskom het R32,9?miljard nodig om sy bedryfstekort by oopsiklus-gasturbines te herwin en R19,9?miljard vir die korttermyn-kragterugkoopprogram, volgens Nersa se mediaverklaring.

Die 25,3% bestaan uit 12,69% wat reeds goedgekeur is, nóg 10,1% vir die gasturbines en kragterugkope en ’n verhoging van die omgewingsheffing.

(Regstreekse Eskom-kliënte betaal vanaf 1 April 12,6% meer vir krag en Eskom vra munisipaliteite 14,2% meer. Huishoudings sal eers in Julie weet hoe munisipaliteite tariefverhogings gaan deurgee aan verbruikers.)

Volgens Nersa sal openbare verhore op 23 en 24 Junie gehou word en sal die aankondiging op 29 Junie gedoen word.

Die verwagting is dat ás Nersa verdere tariefverhogings instel, dit “waarskynlik” vanaf 1 September sal geld, sê Yelland.

Neil Roets, uitvoerende hoof van die skuldberadingsmaatskappy Debt Rescue, waarsku die hoër kragtariewe sal ’n ramp wees en miljoene verbruikers in verdere skuld dompel, gevolg deur bankrotskap vir talle ondernemings.

“Verbruikers sal eenvoudig nie so ’n groot verhoging (van 25,3%) sonder baie ernstige gevolge kan absorbeer nie. Bykans alle goedere en dienste is van elektrisiteit afhanklik en dit sal lei tot aansienlike prysverhogings van bykans elke kommoditeit waarvan Suid-Afrikaners afhanklik is.”

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email