Kredietamnestie: Van die wal af in die sloot?

Die kabinet se goedkeuring van ’n kredietinligtingsamnestie verlede week kan verbruikers wat reeds skuldprobleme het, net verder in die skuld dompel.

Neil Roets, uitvoerende hoof van die skuldberadingsfirma Debt Rescue, sê die amnestie sal kredietburo’s boonop eintlik impotent maak. Hulle sal nie meer die kredietgeskiedenis mag hou van mense wat nie hul skuld betaal het nie, selfs al is hulle vir skuld gevonnis. Op die oomblik word sekere inligting tot vyf jaar lank gehou.

Die kabinet het besluit op die opsie dat alle negatiewe inligting oor verbruikers verwyder word sodra hulle hul skuld betaal het, selfs al was daar ’n hofvonnis teen hulle. Dit sal van toepassing wees op skuld wat tussen 2006 en 2011 aangegaan is. Tot 1,6 miljoen verbruikers word geraak.

“ OMDAT ONVOLDOENDE INLIGTING LAAS BESKIKBAAR GESTEL IS, VERAL AAN ARM EN HALFGELETTERDE VERBRUIKERS, HET BAIE VERBRUIKERS GEDINK HUL SKULD IS AFGESKRYF. SELFS DIÉ WAT BESEF HET DIS NIE DIE GEVAL NIE, HET DIE GELEENTHEID GEBRUIK OM NÓG SKULD TE MAAK OMDAT HULLE NIE MEER GESWARTLYS WAS NIE. ”

– – Neil Roets van Debt Rescue

“Die hele doel van die kredietburo’s is om aan uitleners ’n geskiedenis te verskaf van hoe verbruikers hul skuld bestuur het en of hulle ’n hoë of ’n lae kredietrisiko is.

“Die plan wat die kabinet nou aanvaar het, verwyder in wese alle inligting sodra die skuld afbetaal is en gepaardgaande hofkoste betaal is – wat beteken winkels of banke sal geen aanduiding hê van hoe hul voornemende kliënt in die verlede opgetree het nie.”

Bowendien, sê Roets, sal die amnestie – wanneer dit wet word – verbruikers, wat reeds in skuld verdrink, aanmoedig om nog geld te leen. Mense met ’n goeie kredietstatus sal óók boet, want in die afwesigheid van negatiewe inligting sal banke nie werklik hul kredietstatus kan beoordeel nie.

“Dit lyk of nie ’n enkele les uit die mislukking van die eerste kredietamnestie in 2006-’07 geleer is nie. Dit sal net tydelike verligting bring vir verbruikers wat skuld het en sal baie selfs dieper in die skuld dompel, wat skuldberading sal meebring.

“Omdat onvoldoende inligting laas beskikbaar gestel is, veral aan arm en halfgeletterde verbruikers, het baie verbruikers gedink hul skuld is afgeskryf. Selfs dié wat besef het dis nie die geval nie, het die geleentheid gebruik om nóg skuld te maak omdat hulle nie meer geswartlys was nie.”

Volgens Roets het die vorige amnestie byna 600 000 verbruikers geraak. Van hulle het 64% weer skuld gemaak die afgelope vyf jaar, en van húlle het 74% weer meer as drie maande agterstallig geraak met hul skuld.

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, wil hê banke moet behoorlike bekostigbaarheidstoetse op al hul voornemende kliënte doen, pleks van net staatmaak op kredietinligting.

’n Kennisgewing van die kabinetsbesluit sal binnekort in die Staatskoerant gepubliseer word, waarna 30 dae vir openbare kommentaar toegelaat sal word.

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Did you know?

You can start your application process already. Simply download your assessment or fill in our online application and get one step closer to becoming debt-free with Debt Rescue!

Subscribe to Our Weekly Email