Nog’n harde slag wat SA tref

“Geen beweegruimte meer oor vir dié wat op skuld leef”

Die Reserwebank se onverwags aggressiewe verhoging van die rente- koers gister gee mense op Skuld- bult min of geen beweegruimte.

Dit is minstens die derde sware slag vir Suid-Afrikaners naas die verswakking van die rand en die droogte en sy gepaardgaande hoér kospryse, maar daar kom heel moontlik nóg ‘n paar, soos hoér be- lasting, ‘n hoér kragrekening en ‘n hoér brandstofprys.

Mense wat geld skuld op ‘n huis en motor sal waarskynlik minstens ‘n paar honderd rand ekstra per maand iewers moet uitkrap.

Baie ekonome het verwag dat Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, die repokoers met 0,25 persentasiepunte sou ver- hoog, maar hy verras toe met ‘n 0,50 persentasiepunt-verhoging tot 6,75%. Die prima rentekoers is dus nou 10,25%.

Die Reserwebank is besig met ‘n opwaartse siklus met rentekoerse, sé Kganyago. Die monetèrebeleids- komitee se besluit “is wat ons glo in dié stadium die beste is, veral ten opsigte van die inflasiekoers”.

Dié met ‘n huislening van R2 miljoen en motorskuld van R200 000 sal ‘n bykomende R712 moet betaal.

Ekonome verwag die verhoging al lank omdat daar opwaartse druk op inflasie is. Kganyago is duidelik daaroor dat die monetèrebeleidskomitee se fokus grootliks daarop gaan bly om inflasie in bedwang te hou, veral met die groot druk wat die swak rand daarop plaas.

Ian Wason, uitvoerende hoof van

DebtBusters, se verbruikers het reeds gesukkel om hul skuld te be­taal voor die verhoging. “Daar is geen beweegruimte meer vir Suid- Afrikaners oor wat op skuld leef nie.”

Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, se mense moet hulle regmaak vir ‘n rowwe 2016.

“Mense gaan moet spaar en eer- der kontant gebruik en dit is van kardinale belang dat hulle binne hul begroting moet leef.”

Die stygende rentekoers is nie al kwelling vanjaar nie.

Belastingkenners van Deloitte voorspel dat Pravin Gordhan, mi­nister van finansies, op 24 Februarie in sy begrotingsrede persoonlike belasting gaan opstoot.

Daarby wil Eskom die prys van elektrisiteit verhoog. Kenners voorspel dat dit enigiets tussen 8% en 17% kan wees.

Ondanks die laer Brent-ruolie- prys gaan die swak rand waar­skynlik bydra tot ‘n 7c-styging in die brandstofprys in Februarie, se Kganyago.

Die rentekoersverhoging is dalk maar net die eerste van verskeie vanjaar, meen ekonome.

As die rentekoers vanjaar met 1,25 persentasiepunte verhoog word, gaan ‘n middelklasgesin met ‘n huisverband van R2 miljoen en motorskuld van R200 000 R1779,35 meer in hul begroting moet op- spoor. Dit sluit nie die ekstra wat nodig gaan wees vir kos en krag in nie.

Gordhan gaan Suid-Afrikaners en buitelandse beleggers volgende maand moet paai met sy plan om die land uit die rooi te kry.

Die Reserwebank in Pretoria, waar die rentekoers gister met 50 basispunte verhoog is.

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email