-->

Petrol duurder Mei maand en vleis se skok kom nog. Suid Afrika

Derde dam gaan binnekort in Lesotho gebou word om water aan Suid­-Afrika te verskaf.Die Polihalidam sal deel wees van die Lesotho­-Hoogland­-waterskema, wat tans sowat 42% van Gauteng se water voorsien en gaan sowat R23 miljard kos.Dit sluit ook die koste in vir die bou van toegangspaaie, die hervestiging van inwoners en rehabilitasie van die natuur. Volgens Leon Tromp, hoofingenieur en projekbestuurder van die Lesotho-­Hoogland­-waterskema, gaan suiwer water van die beste gehalte verskaf word.

Die plan is om in Januarie volgende jaar met die bou van die dam se infrastruktuur en in Maart 2019 met die bou van die Polihalidam self te begin.

Motoriste kan hulle staal vir ‘n verhoging van sowat 18 sent per liter in die petrolprys aanstaande maand. Petrol het die afgelope twee maande met meer as een rand per liter gestyg. Die bestuurshoof van Debt Rescue, Neil Roets sê duurder brandstof sal weer ‘n domino-effek op alle verbruikersgoedere hê. Hy waarsku dat Suid-Afrika homself op die vooraand van ‘n sogenaamde perfekte storm bevind. Volgens Roets het die impak van voedseltekorte, wat deur die droogte veroorsaak is, deur die ekonomie versprei. Hy sê die feit dat die meeste verbruikers meer as ‘n driekwart van hul maandelikse salarisse aan finansiële instellings skuld, is ‘n aanduiding van hoe benard die situasie is.
Die nuwe dam se wal sal 165 m hoog wees en behoort in Maart 2022 voltooi te wees.

Die geskatte mielie-hektare is maar 1,95 miljoen, die kleinste sedert 2005 se absolute laagtepunt van 1,6 miljoen ha.

Vanjaar se geskatte grondboon-aanplantings is ’n skamele 22 600 ha. Dit is minder as die vorige aangetekende laagtepunt, in 1936, toe 24 000 ha geplant is; en minder as die helfte van die 58 000 ha grondbone wat verlede jaar nog geplant is.

Sojaboon-aanplantings, wat die afgelope nege jaar dramaties gestyg het, is ook deur die rekord-droogte in hul spoor gestuit. Vanjaar se geskatte hektare is 502 800, teenoor die vorige seisoen se 687 300, en 2013 se 502 900 ha.

Duisende mense het gister die Bloemskou in Bloemfontein besoek. Die 133ste skou bied ‘n wye verskeidenheid vermaak en uitstallings. Dit sluit allerlei vertonings, waaronder die saalperdkampioenskap in.

Graan SA se Nampo-oesdag het oor die afgelope halfeeu gegroei van ’n klein begin in 1967 tot die gediversifiseerde landbouhandelstentoonstelling van wêreldformaat wat dit vandag is. Dit word van 17 tot 20 Mei die 50ste keer op Nampopark aangebied.

“Die oesdag is die perfekte geleentheid om nuwe tegnologie en ander produkte op een terrein met mekaar te vergelyk en te besluit watter produk, patent of tegnologie die beste op jou plaas toegepas kan word,” het Graan SA se uitvoerende hoofbestuurder, Jannie de Villiers, hieroor gesê.

Besoekers kan hulle voorberei op ’n oesdagweek wat ’n kombinasie van die nuutste meganisasie-tegnologie, ’n wye verskeidenheid insetprodukte, voertuie, toebehore en meer bied. Meer as 90%-verteenwoordiging van groot- en kleinveerasse, asook perde en selfs wildbedryfuitstallings is by die diere-afdeling te sien. Daaglikse veevertonings en ’n afslaerskompetisie in die veilinglokaal is ook op die spyskaart. Die saadpersele beloof om die moeite werd te wees vir landbouers om te besoek. Saadmaatskappye wat uitstal, het moeite gedoen om gewasse by die saadpersele te vestig.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat oorstromings die volgende paar dae in dele van die Kaapse metropool, die Wynlanddistrik en die Overbergstreek kan voorkom. Die weerkundige, Carlton Fillis sê ‘n kouefront sal dele van die Noord-Kaap en die Wes-Kaap vandag bereik en eers teen Saterdag begin wyk. Dit sal gepaardgaan met swaar reën, sterk wind en rowwe seetoestande. Hy sê stormsterk wind word aan die kus tussen Kaappunt en Kaap Agulhas verwag. Dié toestande sal uitbrei na die ooskus. Die kouefront sal teen die naweek dele van die Oos-Kaap bereik.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku dat oorstromings die volgende paar dae in dele van die Kaapse metropool, die Wynlanddistrik en die Overbergstreek kan voorkom. Die weerkundige, Carlton Fillis sê ‘n kouefront sal dele van die Noord-Kaap en die Wes-Kaap vandag bereik en eers teen Saterdag begin wyk. Dit sal gepaardgaan met swaar reën, sterk wind en rowwe seetoestande. Hy sê stormsterk wind word aan die kus tussen Kaappunt en Kaap Agulhas verwag. Dié toestande sal uitbrei na die ooskus. Die kouefront sal teen die naweek dele van die Oos-Kaap bereik.

Die 2015/16 Someroeste in Suid Afrika is aansienlik minder as verwag en dit lyk of beesvleispryse met soveel as 50% kan styg… en die branstofprys met 18c per liter. Dit is glo net die begin van al die verhogings..iewers moet die balon bars, weet net nie waar en wanneer nie.

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email