AL SAL die verwagte petrol- en dieselprysverlaging verligting bring vir verbruikers wat klaar diep in die skuld staan, kan dié verligting net tydelik wees, maan Neil Roets, CEO van Debt Rescue Vrydag.
Die petrolprys sal na verwagting dié week met 51 c per liter afneem en die dieselprys met sowat 75 c per liter.
Hoewel hy die verwagte brandstofprysverlaging verwelkom, sê Roets verbruikers moenie uit die oog verloor die ander ekonomiese aanduiders bly steeds hoofsaaklik negatief nie. Hulle moet besef dis nie ’n meevaller wat in spandabelrigheid moet ontaard nie. – Fin24
Source: http://www.son.co.za/son/nuus/2015-08-02-petrolprys-is-dol