Talle verhogings tref verbruikers van vandag af

Suid-Afrikaanse verbruikers is nou byna by breekpunt, het Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, Dinsdag aan Fin24 gese.

“As Nersa (die energiereguleer- der) Eskom se versoek om ‘n 25%-verhoging toegestaan het, sou dit bygedra het tot die finansi- ele druk op verbruikers, verai in die lig van die ander prysverhogings, soos die petrolprysverhoging, die verhoging in munisipale tariewe en die rentekoersverhoging wat waar- skynlik later vanjaar kom,” het Roets gese.

“Hierdie prysverhogings filter deur na die pryse van ander goe- dere en dienste, wat die situasie verder vererger.”

Verbruikers word vandag hard geslaan met verskeie prysverho-gings wat van krag word, wat hul finansiele las verder vererger.

Die petrolprys styg met meer as 40c per liter. 95-oktaan kos nou R13,34 aan die kus en R13,77 per li-ter in die binneland.

Wes-Kaapse en Gautengse pen- delaars betaal onderskeidelik van vandag en Donderdag meer vir treinkaartjies. Cosatu in die Wes- Kaap meen die prysverhogings is onregverdig en hy het gese hy gaan dit teenstaan.

Die Gautengse verhoging is deel van die nuwe tol-bedeling wat in Mei deur adj.pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is.

Vusi Mona, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral), het gese e-tol-rekeninghouers gaan eerste bevoordeel word met ‘n laer tarief per kilometer en ‘n maandelikse perk op alle klasse van voertuie. – Fin24

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Did you know?

You can start your application process already. Simply download your assessment or fill in our online application and get one step closer to becoming debt-free with Debt Rescue!

Subscribe to Our Weekly Email

By completing this form, you are providing Debt Rescue with the above personal information and acknowledge the terms of Debt Rescue’s Privacy Notice.