-->

Trek Nou Gordel Stywer

Finansiele ramp wag as skuld nie in bedwang gehou word

Gaan sit dadelik om ‘n tafel met jou familielede en vriende en stem in dat julle nie vanjaar Kersgeskenke gaan koop nie.
Moenie buitensporig feesvier nie en moenie onnodige goed koop nie.
Gebruik jou bonus of enige bykomende inkomste om skuld te delg.
Dis die raad van Wendy Monkley, bemarkingshoof van die skuldberadingsfirma DebtBusters, nadat die Reserwebank Donderdag die repo- koers met 0,25 persentasiepunt verhoog het.
Die prima rentekoers waar- teen banke geld aan verbruikers leen, is nou 9,75%.
“Mense wat aanhou om hul leefstyl op skuld te finansier, is op ‘n glybaan na ‘n finansiele ramp,” se Ian Wason, uitvoerende hoof van DebtBusters.
Neil Roets, uitvoerende hoof van nog ‘n skuldberadings­firma, Debt Rescue, se armes gaan die hardste getref word deur die kombinasie van stygende kospryse en hoer rentekoerse.
Daar was egter ook lof vir Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, se dap­per besluit. Peter Kent, portefeuljebestuurder by Investec Batebestuur, se: “Hoe ongewild of pynlik dit ook is, glo ons die besluit is in die beste belang van die land en bemoedigend vir die effektemark, aangesien dit die bank se verbintenis toon om inflasieverwagtinge te anker.
“In tye van swak sentiment teenoor ontluikende markte, help geloofwaardige instellings aan die stuur van ons langtermyn- finansiele behoeftes baie om vertroue in te boesem.”
Kganyago het klem gele daarop dat hy weet hoe traag die ekonomie groei. Die bank het sy groeiverwagting vir 2015 van
Soraakdit jou
As jy ‘n 20-jaar-huisverband het teen die prima rentekoers (wat 9,5% was en nou 9,75% word), sal jou paaiement met R81,27 styg vir elke R500 000 wat jy skuld, dus R162,54 op ‘n verband van R1 miljoen. As jy ‘n 5-jaar-motorlening het teen prima, sal jou paaiement met R6,10 styg vir elke R50 000 wat jy skuld, dus met R30,50 vir ‘n motor waarop jy R250 000 geleen het. Die bedrae sal hoer wees hoe korter jou terugbetalings- periode is.
1,5% tot 1,4% verlaag en sy groeiverwagting vir 2016 is nou 1,5% (voorheen 1,6%). Hy ver- wag egter steeds dat Suid-Afri- ka in 2017 met 2,1% sal groei.
Kganyago is egter diep bekommerd oor die faktore wat inflasie kan opdruk en se hy sal liewers nou die koers effens verhoog as wat hy later meer aggressief moet reageer deur die koers skerp te verhoog.
Benewens stygende kospryse weens die droogte, is Eskom se nuwe aansoek by die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) dat R22,8 miljard se begrotingstekort deur tariefverhogings in- gehaal word, ‘n inflasierisiko.
Die bank het sy inflasiever- wagting vir vanjaar effens aangepas tot 4,6%, terwyl die ver­wagte gemiddelde inflasie vir 2016 6% en vir 2017 5,8% is.
Weens die 0%-verhoging in hoer onderwys wat pres. Jacob Zuma vroeer vanjaar te midde van die #FeesMustFall-betogings aangekondig het, verwag die Reserwebank dat inflasie se boonste draaipunt in die eerste
kwartaal van 2016 laer sal wees, op 6,4% eerder as die 6,7% wat vroeer voorspel is.
Die tydsberekening van die rentekoersverhoging is swak, “aangesien ‘n stabiele koers sa- ke- en verbruikersvertroue ‘n hupstoot sou gee op ‘n tydstip dat dit die nodigste is,” se dr. Andrew Golding, uitvoerende hoof van die Pam Golding-eien- domsgroep. Hy reken egter nie dat dit ‘n baie groot impak op die huismark sal he nie.
Nicholas Nkosi, hoof van voertuig- en batefinansiering by Standard Bank, se die stap gaan ‘n groot uitdaging vir ver- bruikers wees. Mense wat dit hoegenaamd oorweeg om nuwe motors te koop, moet “versigtig beplan – nie net vir die paaie­ment nie, maar vir alles wat in ag geneem word wanneer jy ‘n nu­we motor koop, soos brandstof en instandhoudingskoste.”

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email