Verbruikerskuld op rekord vlakke

Olikheid wag na Kerstyd se vrolikheid 

Vida Booysen

Suid-Afrikaners het reeds van die meeste skuld ter wêreld en dit gaan waarskynlik in 2018 rekordvlakke haal. Verbruikers besnoei duidelik nie hul uitgawes nie, sê Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue.

Met groot stygings in voedselpryse asook ander noodsaaklike hulpbronne lê ‘n besonder onstuimige rit in 2018 vir verbruikers voor.

Dit, lustelose ekonomiese groei en die werkloosheidskoers, wat op 27,7% van die hoogste ter wêreld is, beteken dat Suid-Afrikaanse verbruikers diep in die moeilikheid is, sê Roets. Volgens die jongste syfers van die Reserwebank beloop die totale verbruikerskuld nou byna R1 710miljard, terwyl ‘n onlangse indeks van die Wé- reldbank aandui dat Suid-Afrikaanse verbruikers se skuldvlakke van die hoogste ter wé- reld is. Werkloosheid sal na verwagting in 2018 ook ‘n brandpunt wees.

Sleutelsektore vir werkskepping, waaronder mynbou en die nywerheidsektor, sal na verwagting volgende jaar poste in ‘n ongehoorde tempo besnoei.

Volgens die Internasionale Monetêre Fonds is die enigste vergelykbare lande met sulke hoë werkloosheidsvlakke Spanje en Griekeland,” sê Roets.

Hoewel Cyril Ramaphosa se verkiesing tot leier van die ANC wel die moontlikheid van groter politieke en ekonomiese stabiliteit inhou, en dus ook groter buitelandse investering kan aanmoedig, is dit skrale troos vir die skuldbelaaide plaaslike verbruikers, sê Roets.

Hoe gouer verbruikers besef dat die ekonomie in die moeilikheid is en hulle hul gordel stywer moet trek, hoe minder van hulle sal skuldberading moet ondergaan.

Roets sê heelparty Suid-Afrikaners wat toe reeds skaars kop bo water kon hou, het oor die Kerstyd nog dieper in die skuld geraak. Geld wat op kredietkaarte geleen of teen ‘n buitensporige koers by geldskieters bekom is, is gebruik om die Kersvakansie te geniet – maar in Januarie kom die olikheid ná die Desember-vrolikheid.

In Januarie en Februarie sien ons meer nuwe kliënte wat hulp met agterstallige skuld benodig as in enige ander tyd van die jaar.” Dit is regstreeks te wyte aan die bykomende skuld wat in die Desembervakansie aangegaan is, sê Roets. Quers besef in Januarie skielik dat hulle skoolgeld moet betaal waarvoor hulle nie begroot het nie.

Dan moet hulle daarvoor betaal met kredietkaarte wat Foto: FOTO24 reeds tot die maksimum gebruik is.” Dit laat verbruikers met geen ander keuse nie as om vir skuldberading te gaan sodat skuldinvorderaars nie beslag op hul eiendom lê nie, sê Roets. Hy sê byna die helfte van alle verbruikers is reeds drie maande of meer agterstallig met die terugbetaling van hul skuld.

Die groot skuldiges is krediet- en winkelkaarte, gevolg deur ongesekureerde skuld.

As 2017 ‘n moeilike jaar was om al die rekeninge te betaal, waarsku hy dat dit in 2018 selfs moeiliker sal wees. “Waar moontlik, betaal eerder kontant, aangesien die rentekoers op kredietkaartskuld aansienlik is.

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email