-->

Maatskappye in wins-knyptang

Suid-Afrikaanse maatskappye kan nie langer bekostig om stygings in die koste van invoer en elektrisiteit namens die land se verbruikers te dra nie.

Ludovic Sudran, hoofekonoom by die interna­sionale handelskredietversekeraar Euler Hermes, waarsku dat dié prysstygings reeds Suid-Afrikaanse maatskappye se winsmarges onder groot druk geplaas het.

Sudran meen die druk op maatskappye se marges kan beteken dat ’n rentekoersverhoging – wat sou gou as Julie of September verwag word – ekonomiese groei erg kan knou.

Lees ook: As rentekoer?s in Julie styg, is dit dalk Eskom se skuld

Hoër rentekoerse sal nie net beteken dat platsak verbruikers gaan sukkel om hul skuld aan maatskappye te betaal nie, maar ook die koste van krediet vir maatskappye verhoog.

Sudran sê dit beteken dat maatskappye kwalik sal kan belê om uit te brei.

Sudran sê die laer olieprys het in ander lande gehelp om maatskappe se energiekoste te verlaag. Die stygings in elektrisiteitstariewe het egter beteken dat plaaslike maatskappye nie veel voordeel daaruit kon trek nie – hulle moes eerder noodgedwonge prysstygings absorbeer omdat verbruikersvraag reeds onder druk is.

Onsigbare bank

Sudran sê Suid-Afrikaanse maatskappye neem gemiddeld 50 dae om hul skuld aan mekaar te betaal. Dit is steeds kort vergeleke met ander lande, maar hy sê die syfer is besig om te styg en dit dui daarop dat die koste van krediet reeds te hoog is vir maatskappye.

“Hulle gebruik al hoe meer wat ons die ‘onsigbare bank’ noem. Dit is wanneer jy jou verskaffers bel en vra om jou nog ’n week kans te gee om hulle te betaal.”

Sudran sê dié tendens verhoog die risiko van meer insolvensies in die ekonomie.

Die getal insolvensies het begin afplat, maar dit is deels omdat baie maatskappye reeds ondergegaan het. Die probleem is nou dat die ekonomie nie genoeg nuwe maatskappye skep om dié wat ondergaan te vervang nie.

Insolvensies

Die getal insolvensies het volgens hom begin afplat, maar dit is deels omdat baie maatskappye reeds ondergegaan het. Die probleem is nou dat die ekonomie nie genoeg nuwe maatskappye skep om dié wat ondergaan te vervang nie.

Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, wat skuldberading aan verbruikers verskaf, sê die verlies aan inkomste wanneer verbruikers nie hul skuld aan maatskappye kan betaal nie, plaas ook druk op winste.

“Verskeie maatskappye dui aan dat die ‘goeie’ ­kliënte die ‘slegte’ kliënte moet dra. En dat slegte skuld die meeste van die tyd eenvoudig net afgeskryf moet word.”

Verbruikers vergeet môre

Roets sê hulle sien daagliks ’n toename in die getal verbruikers wat om skuldberading aansoek doen.

“Dis kommerwekkend. Daar is ’n duidelike verhoging in die getal oorbelaste verbruikers.”

Piet le Roux, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, meen lae rentekoerse het dalk die enorme skuldlas by verbruikers aangemoedig.

“Die probleem is dat mense aan lae rentekoerse en skuld gewoond raak, eerder as om spaarsamig te lewe. Dis die tragedie van kunsmatig lae rentekoerse – dit maak mense geneig om van môre te vergeet.”

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email