Stop die skuld-wegholtrein!

Verbruikers verdrink in skuld, maar steeds word die kredietkaart gebruik.

Volgens die jongste syfers van die Reserwebank skuld verbruikers krediteure byna R1?500?miljard in agterstallige skuld.

Terwyl slegs 1,1?miljoen van Suid-Afrikaners 70% van die land se inkomstebelasting betaal, is daar tans 22,8?miljoen kredietaktiewe verbruikers.

Daarby toon die kredietburomonitor van die Nasionale Kredietreguleerder dat byna 60% van hulle aan die einde van 2014 meer as 30 dae geneem het om hul skuld te betaal.

Geoff Miller, uitvoerende hoof van TransUnion, ’n kredietburo, sê verbruikers se kredietgesondheid in die eerste kwartaal van 2015 volgens TransUnion se Verbruikerskredietindeks het ietwat verbeter. Maar die verhogings in persoonlike-inkomstebelasting en toekomstige brandstofprysstygings kan weer druk op verbruikers se skuldbetalingsvermoë plaas.

“Vir sekere marksegmente is krediet steeds ’n belangrike aanvulling tot hul maandelikse begroting. Dié neiging duur al ’n wyle en toon hoe moeilik dinge in die makro-ekonomiese omgewing is.”

Lae-inkomstegroepe

Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, wat skuldberading aan verbruikers verskaf, sê bykans die helfte van Suid-Afrikaanse werkers se salaris is minder as die belastingperk.

Nietemin word 46,3% van gesekureerde skuld, wat voertuigfinansiering en meubelfinansiering insluit, deur mense in hierdie inkomstegroep aangegaan.

Volgens Roets word 26,44% van die ongesekureerde skuld ook deur dié groep aangegaan.

Skuldvlakke

Data van verskeie bronne toon dat verbruikers gemiddeld tussen 70% en 80% van hul maandelikse inkomste aan skuld bestee.

Piet le Roux, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê inflasie verminder ook verbruikers se koopkrag. Die amptelike inflasiekoers het in April tot 4,5% toegeneem.

“Inflasie se uitwerking weeg swaar – in 2014 was jou laaste salaris vir die jaar byvoorbeeld 5,3% minder werd as jou eerste.”

Lees ook: ?April-inflasie wys storm is naby

Die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee (MBK) het ook in die rentekoersaankondiging die afgelope week gewaarsku dat verbruikersbesteding vir die res van die jaar flou sal bly.

Die MBK meen loonverhogings sal sommige verbruikers help, maar dat skerp stygings in lone weer tot werkverliese sal ly.

Lees ook: ?As rentekoers in Julie styg, is dit dalk Eskom se skuld

Al drie kenners meen daar is groot rede tot kommer omdat daar nie werklik ’n verbetering in verbruikers se skuldvlakke is nie.

“Hoewel die nuutste syfers laer is as vorige jare, moet in ag geneem word dat verskeie swak krediet-geskiedenisse verwyder is danksy die kredietamnestie. Dit het ’n impak op die syfers.

“Daar is steeds ’n tendens dat verbruikers wie se negatiewe rekord verwyder word, hulself later net weer in dieselfde bootjie bevind,” sê Roets.

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email