-->

Matrieks: ‘4 uit 10 kry werk’

DIE klas van 2015 se matrieks gaan sukkel om werk te kry.

Volgens Neil Roets, CEO van Debt Rescue, gaan minder as 4 uit elke 10 matrikulante jobs kry. Sowat 500 000 jeugdiges sal vanjaar deel van die werkloosheidsstatistieke uitmaak.

Roets het aan Fin24 gesê slegs diegene met wiskunde- en wetenskapsvakke het ’n werklike kans om ’n werk los te slaan.

“Baie mense het moed opgegee met werk soek.

Versuim

“Die werkloosheidsyfer is dus eintlik nader aan 40%, eerder as die amptelike stats van 25,5%,” sê Roets.

Volgens Roets sal baie matrikulante laag betaalde werk soos by kitskosplekke vat om die pot aan die kook te hou.

Hy sê die onderwysstelsel is ook te blameer vir sy versuim om te verseker dat die kinders finansieel geletterd is.

“Mense wat hulle in finansiële moeilikheid bevind, verdubbel elke jaar,” voeg Roets by.

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email