-->

Moenie leen vir loafers

Vriende en familie is daar om mekaar te help in tye van nood. Maar waak daarteen om almal se OTM te word

In die beste families en vriendekringe kryjy altyd daai een wat die heeltyd haar beursie by die huis vergeet of ‘n “vinnige lening tot more wil maak. Die probleem is net: More is sy skoonveld en jy die vark in die verhaal oor jy jou geld terugvra.
Dis hoekom Colleen Etson* (42) van Pre­toria besluit het sy leen nie meer vir familie geld nie. ‘n Vriendin sal sy dalk nog uithelp, maar familie moenie eens die moeite doen om haar vir ‘n R50 te vra nie.
“Ek is op van familie wat dikbek rond- loop omdat hülle byjöü geld geleen het. En later skinder hulle omdat jy op ‘n mooi maniergevra hetwanneerjy dan jou geld gaan terugkry. Nou bewaar ek eerder die vrede,”se Colleen. Die skille het van die verpleegster se oe begin afval toe sy twee jaar gelede haar skoonsuster en broer uit ‘n geldelike ver- knorsing gehelp het. Hulle het agtergeraak op hul huispaaiement en moes binne ‘n week minstens R34 000 neersit om te keer dat die bank hul huis afvat. “Ek het nie die kontant gehad nie, maar wel toegang tot die krediet,”onthou Col­leen. “Hulle het hand en mond belowe om my binne ‘n jaar terug te betaal. Ek gaan maaktoe die lening en die eerste drie maande het hulle pligsgetrou betaal. Daarna het hulle van die aardbol af verdwyn.”
Colleen was woedend, want sy moes toe self die skuld delg wat sy nie eintlik kon beköstig nie en boonop is sy amper van haar familie vervreem. “My ander susters het my laat skuldig voel, want ek’weet dan Jeremy* en sy vrou sukkeK Maar ek sukkel netso en moet hard werk vir als wat ek in die lewe wil bereik. As hulle maar net oop kaarte met my gespeel het.”
Haar boodskappe aan Jeremy en sy vrou, Cindy*, het onbeantwoord gebly. “My WhatsApps is nooit oopgemaak nie, maar Cindy was heeldag online, want sy het hoekal nie gewerk nie. By ons pa se begrafnis is ek skaars gegroet en later is die vieslikste stories oor my versprei.”
Colleen het later maar die skuld op haar maag geskryf en uit haar pad uit gegaan om haar verhouding met haar broer en sy vrou te herstel. Sy het wel besluit om nooit weer vir familie geld te leen nie.
VERWOESTE VRIENDSKAP
Intussen vertel Raylene Coerecius* (38) van Johannesburg dat geld haar haar beste vriendin gekos het. “Dit is als my skuld. Ek’t elke nou en dan ‘n paar rand by Lucinda* geleen en sy’t nooit regtig geworry of ek dit teruggee nie. Die laaste lening was vir R750. Sy’t my afgeskryf omdat ek haar sieg behandel het.”
Sy besef nou Lucinda het regtig die geld nodig gehad, maar hul vriendskap is vernietig nä ‘n stryery by ‘n kuierplek.”Ons het ‘n klein meningsverskil gehad, maar dit het ‘n vieslike fight geraak voor al ons vriendinne en hul boyfriends. Lucinda het my ‘n bosluis genoem wat op haar teer. Sy’t gese ek hou my posh, maar soek kort-kort geld vir koopkrag,”se Raylene.
Lucinda het haar direk daarna op Facebook en WhatsApp geblok. Hul seuns, wat albei sewe jaar oud is, mag ook nie meer met mekaar speel nie. Die res van die vriendekring weet ook nie meer hoe hulle dit het nie, want as hulle vir Raylene nooi, is Lucinda kwaad – en as hulle vir Lucinda nooi, kry Raylene stilstuipe.
‘n Ander lokval waarvoor jy op die uitkyk moet wees, is vriende of familielede wat graag wil saamkuier of uiteet, maar gedu- rig hul beursies by die huis vergeet. Laetitia Gouws (32) van Johannesburg se sy was ook al uitgebuit deur so ‘n vriendin.
“Toe sy (Laetitia se vriendin) die derde keer haar beursie by die huis vergeet, het ek besef:’Nee, die girl vat my vir ‘n ride.’Sy was altyd die een wat die duurste shooters bestel of die grootste bord kos, maarteen betaaltyd was daar altyd ‘n klein krisis. ‘n Ander keer het sy haar purse by haar gehad, maar toe le haar bankkaart weer glo op haar kombuistafel.”
Dit was nie maklik nie, maar Laetitia het daarna by elke sosiale geleentheid vooraf gese dat sy nie vanaand vir enigiemand anders kan help betaal nie. Sy het ook stel- selmatig begin om die betrokke vriendin minder sosiaal te sien en loop deesdae net in haar vas by groter geleenthede.
Volgens ‘n verslag van die Wereldbank leen tot 71% van alle Suid-Afrikaners geld by vriende of familielede. Trouens, Suid- Afrikaners is die grootste skuldmakers in die wereld en die meeste lenings word nie by banke gemaak nie.
Vir 2014 se Global Findex-indeks is navorsing onder 150 000 mense van 140 lande gedoen. Die enigste ander lande wat ewe gretig geld leen by familielede en vriende is Iran, Niger, Botswana, Kenia en Zimbabwe.
“Die lewenskoste in Suid-Afrika is baie hoog in vergelyking tot inkomste,”se Neil Roets, die uitvoerende hoof van Debt Rescue.”Byvoorbeeld, ‘n polisiebeampte sal sonder ‘n tweede inkomste sukkel om in die basiese finansiele behoeftes vir sy gesin te voorsien. Die meeste werkers in die land verdien selfs minder as ‘n polisie­beampte.”
Die Wereldbank se navorsing wys hoe- wel 70% van Suid-Afrikaners ‘n bankrekening het, leen net 12% by ‘n bank geld. Die geld wat geleen word, is meestal om dag-tot-dag-uitgawes te betaal, soos kos en elektrisiteit.
MOET JY UITLEEN?
Jaco Marais, ‘n skuldberader van Pretoria, se as jy vir familielede of vriende geld leen, moet jy bereid wees om een reel na te kom: Gee ‘n tydlyn of datum waarvolgens die geld afbetaal moet word. Dan weet albei partye vooraf wat die finale datum is en die een wat die geld leen, kan dan betyds haar huis in orde kry.
“Moenie skaam wees om te se nie: ‘Vriendin, ek leen graag vir jou geld, maar jy moet dit teen die 31 ste Mei terugbetaaK As jy elke maand R100 gee, sal die lening teen die einde Mei afbetaal wees”‘se Jaco.
Maar hoe gemaak as jy reeds geld vir ‘n vriendin of familielid geleen het en sedertdien sukkel om jou geld terug te kry? Om die verhouding te beskerm en te keer dat die gedoente selfs in die hof draai, is die beste om reguit met die persoon te praat.
“Maak seker dat julle alleen is en roer dan die sakie op ‘n sensitiewe en liefdevolle manier aan. Julle is familie of vriende en het waarskynlikal ‘n paar sakke sout saam opgeeet – en kan dan eerlik praat. Se jy het die geld nodig vir hierdie en daardie rede, en kom dan ooreen op ‘n dag en datum waarop jy die geld gaan terugkry,” meen Jaco.
As die persoon jou regtig nie kan terugbetaal nie, moet jy besluit of haar redes geldig is en dan steeds op ‘n latere afbetalingsdatum ooreenkom – al is dit oor ‘n jaar. Dit is belangrik dat jy die geld kry, anders gaan die verhouding dalk skade ly. Andersins moet jy bereid wees om die geld af te skryf en nooit weer daaroor te praat nie.
NOG WENKE
Die res van die familie of vriendekring hoef nie byjou private reelings betrekte word nie. Dit lei nettotonnodige span­ning en voor jy weet, is almal vir mekaar kwaad – en dit oor jou geld. As jy agter- kom geleenthede met familie of vriende is ongemaklik oor die geldlenery, hou dinge lighartig en bly weg van praatjies oor geld.
Oppas dat jy nie die een word by wie almal geld leen nie.Jy is nie ‘n bank nie en geld groei ook nie op jou rug nie. Dit gaan jou net misbruik laat voel. Dis eenvoudig verkeerd as jy die heeltyd in ‘n posisie is waarjy ander mense moet uithelp.
Dink eers goed vooraf voor jy daai heel eerste keer vir iemand geld leen. Moenie bang wees om te se:”Vriendin, ek help graag, maar ek hoor allerhande stories oor vriendinne of familie wat vir mekaar geld leen en later loop die verhouding skeef. Wat kan ons doen om te verseker dat dit nooit met ons gebeur nie?”

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email