-->

Rand, olie wurg beursies weer

Olie, kos en die rand.

Dié drie bestanddele gaan Suid-Afrika se ekonomie en verbruikers se lot vir die res van die jaar bepaal, sê die ekonoom Cees Bruggemans.

Die olieprys-meevaller wat die afgelope sewe maande meer geld in verbruikers se sak geplaas het, loop Woensdag amptelik ten einde.

Die petrolprys styg om middernag met 96c per liter en die dieselprys met 74c per liter?– die gevolg van die stygende olieprys die afgelope maand.

In April styg brandstofpryse wéér?– met 80,5c?per liter – selfs nog voordat die olieprys of die rand-dollar-wisselkoers in berekening gebring is.

Die 80,5c verteenwoordig die styging in die brandstof- en Padongelukfondsheffing wat Nhlanhla Nene, minister van finansies, verlede week in sy begrotingsrede aangekondig het.

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email