Vermy skuld soos die pes

“Skuld moet dringend verminder.” 

Dit is Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, se ernstige waarskuwing aan Suid-Afrikaners nadat die kredietgraderingsagentskap Moody’s Investors Service Vrydag (01/11) besluit het om Suid-Afrika nog een heel laaste kans to gee as ‘n land op beleggingsgraad. 

Roets se verbruikers met skuld kan dalk saam met die land oor die afgrond stort wanneer ‘n afgradering kom. 

‘n Afgradering sal die rand laat verswak en ‘n bose siklus begin wat kan meebring dat rentekoerse verhoog sal moet word. Dit sal mense met skuld die hardste tref. 

Volgens Roets is dit onduidelik hoekom Moody’s die land nog ‘n kans gegee het om ‘n fiskale ramp-wat waarskynlik onvermydelik is – te vermy. Moody’s het wel die vooruitsig vir die gradering van stabiel na negatief verander. Dit gee die land tot die volgende gradering kans om wesentlike veranderinge aan sy geldsake aan te bring om ‘n afgradering tot volslae rommelstatus te probeer voorkom. “In die beste scenario moet verbruikers die tyd (die volgende 18 maande) as ‘n blaaskans sien en nie as ‘n rede om verder skuld te maak nie,” se Roets. “Die meeste verbruikers het reeds luukshede uit hul lewe en begroting verwyder.” Hy se die enigste raad wat by vir verbruikers het, is om onnodige skuld tot elke prys te vermy. 

“Vergeet daarvan om ‘n nuwe motor te koop. Soek eerder ‘n goeie tweedehandse motor. Dit is nie nou die tyd om jou huis op te knap nie, tensy daar geldige redes sons ‘n groeiende gesin is.” 

Volgens ‘n Debt Rescue-peiling bestee 43% van respondente meer as 50% van hul besteebare inkomste op skuldafbetalings en rente. ‘n Toename van 21% van mense onder skuldhersiening teenoor verlede jaar word ook deur Debt Rescue waargeneem. “Hoewel baie van ons reeds die punt bereik het waar daar niks meer oor is om te besnoei nie, sal ons ons leefstyl mbet wysig om by die moeiliker marktoestande aan te pas, en meer doen met minder,” se Roets. 

“Baie moeilike We le vir Suid-Afrikaners voor.” – William Home 

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!