-->

18 000 Skuldbevele In Februarie Uitgereik

Meer as 18 000 skuldbevele vir altesaam R283 miljoen is in Februarie
vanjaar uitgereik.

Statistieke Suid-Afrika sê die getal bevele is 7% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

‘n Woordvoerder van die maatskappy, Debt Rescue, Neil Roets, sê die huidige ekonomiese onsekerheid, en ‘n moontlike verhoging van 50 sent in die brandstofprys beteken dat verbruikers met skuld harde bene gaan kou.

Roets sê ‘n styging in die brandstofprys en met die naderende winter gaan daar beslis ‘n styging wees in die pryse van elektrisiteit en gas.

Hy sê ongelukkig raak alles die verbruikers omdat hulle salarisse nie dienooreenkomstig aangepas word nie.

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email