Maroela Media

The industry’s top experts offer their best advice, research, how-to’s, and insights

40% van verbruikers se skuld agterstallig

News 24

Suid-Afrika het meer as 25 miljoen krediet-aktiewe verbruikers en die totale aantal uitstaande skuld van verbruikers is ongeveer R1,8 miljard.

Dit is volgens statistiek van die skuldberadingsmaatskappy Debt Rescue.

Neil Roets, Debt Rescue se bestuurshoof, sê die groei in krediet is kommerwekkend omdat al hoe meer Suid-Afrikaners in ʼn skuldstrik vasgevang word.

Hy wys daarop dat daar ongeveer 9,6 miljoen, oftewel 39% verbruikers is wat agterstallig is met hul skuldterugbetalings.

Volgens Roets moet verbruikers wat aan skuld wurg, ernstig oorweeg om skuldberaders te nader.

Wat is skuldberading? Hy verduidelik dat dit ʼn wetlike prosedure is wat deur die Nasionale Kredietwet daargestel is om verbruikers wat oorbelas is met skuld, te help.

Die prosedure verseker dat verbruikers hul skuld terugbetaal, maar op ʼn meer bekostigbare manier.

“Dit word gedoen deurdat skuld terugbetaal word in laer maandelikse premies oor ʼn verlengde tydperk, terwyl daar voorsiening gemaak word vir nodige lewenskostes, en terselfdertyd word daar beskerming verkry teen voornemende nuwe regsaksie teen die verbruikers,” sê hy.

Roets voeg by dat daar voordele is om skuldberading te ontvang. Hy sê die twee grootste voordele van skuldberading is dat verbruikers se begroting voorsiening maak vir nodige uitgawes soos huur, kos, petrol, skoolgeld, ensovoorts, en dat daar beskerming verkry word teen nuwe regsaksie.

Ten opsigte van aksies of dienste wat tot verbruikers, wat in ʼn skuldstrik verval het, se beskikking is, sê Roets daar moet versigtig oor oplossings gedink word omdat keuses soos sekwestrasie en skudberading elkeen hul eie opsies en riglyne van toepassing het, afhangend van ʼn verbruiker se omstandighede.

“Sekwestrasie het ʼn beperkte toepassing, en minder mense vind daarby baat, omdat jy insolvent moet wees. Dit is ʼn baie indringende proses omdat jy jou boedel moet oorgee aan ʼn kurator. Die rehabilitasieproses is ook uitgerek en neem tyd, maar daar is wel omstandighede waar sekwestrasie die meer toepaslike opsie is,” sê hy.

Oor skuldberading sê Roets dat dit van toepassing is op baie mense en heelwat meer mense kan baat vind daarby, solank jy ʼn inkomste verdien.

“Met dié proses ondervind jy onmiddellik verligting deur ʼn verlaagde premie wat jy maandeliks betaal. Jy verkry ook beskerming van regsaksie en jy hoef nie jou bates oor te gee nie. Jy word ook nie geag as insolvent nie. Daar is net ʼn tydelike kennisgewing dat jy vir ʼn tydperk onder skuldberading is terwyl jy jou skuld terugbetaal. Daar is geen blywende nadele nie,” het hy bygevoeg.

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!