Koop op skuld: Te veel kan dié strik nie vermy

By Arisa Schamrel

Vir heelparty verbruikers is dit nou ‘n geval van of skuld of ‘n honger gesin.

So sê Annaline van der Poel, bedryfshoof van DebtRescue, oor die benarde geldelike toestand waarin baie Suid-Afrikaners hulle bevind.

Met hemelhoë kos- en brandstofpryse lyk dit nie asof daar binnekort lig aan die einde van die donker tonnel gaan wees nie.

“Verbruikers het reeds tot 50% van hul minder noodsaaklike uitgawes gesny en as hulle nie meer kan sny nie, word hulle gedwing om skuld te maak.

“Diegene wat nie toegang het tot krediet nie ly honger,” sê Van der Poel.

Een van die land se grootste banke het aan DebtRescue gesê die meeste van sy kliënte se geld is op binne die eerste vier dae na betaaldag. “Dan word hulle basies gedwing om krediet te maak. As hulle weer ‘n salaris kry, betaal hulle die krediet weer af en so gaan die siklus aan,” sê Van der Poel.

FNB het in Mei verlede jaar gesê mense in die middleklas bestee sowat 80% van hul salaris binne vyf dae. Die orige 25% moet dus sowat 25 dae lank hou.

FNB se syfers is vir mense wat tussen R180000en R500000 per jaar, oftewel sowat R15000 tot R42000 per maand verdien.

Die meeste van die geld – sowat 65% – is skuldpaaiemente. Sowat 35% van mense se inkomste word aan gesekureerde krediet bestee, dus hul huis- en motorpaaiemente, terwyl 30% van Suid Afrikaners het minstens een rekening wat hulle drie maande laas betaal het.

Wat is noodsaaklik?

Dit wat verbruikers koop, het ook verander, meen Van der Poel. al hoe minder verbruikers eet uit of koop kitskos en sommige mense het selfs hul ontbytkos aangepas toe graanvlokkies heeltemal te duur word. “Sommige mense het selfs ontbyt uitgesny soadt hulle eerder kan fokus op middagete en aandete waar die hele gesin kan eet.”

Die prys van groente en vrugte is deur die dak en Van der Poel sê gesondheid is ongelukkig nie meer die hoof fokus wanner verbruikers kos koop nie, eerder net om nie honger te wees nie.

“Met vleis wat ook duur geraak het, skuif verbruikers se fokus na ander stapels, soos rys en pasta – goed wat rande laat rek,” sê sy.

Hoewel die prys van pasta ook die afgelope jaar gestyg het, is dit meer vullend relatief tot die prys.

DebtRescue het peilings op Swart Vrydag gedoen en het bevind daar is nog mense wat winskopies op luukshede najaag, maar die meeste mense bestee geld aan noodsaklikhede, soos kos, skoonmaakmiddels en stapelvoedsel. Van der Poel sê Suid Afrikaners is “moeg en moedeloos”.

Trending

Let Us Help You

I agree to the processing of my personal information as outlined in the Privacy Notice.

Your Submission was successful