-->

Maer jare wag

Rooivleis qaan tot 60% duurder word – ekonoom

DIE dae van elke week ‘n vleisie op die vuur gooi, is waarskynlik verby.
Terselfdertyd vaar Kaapstad se ekono­mie baie goed.
Die ekonoom Dawie Roodt waarsku dat Suid-Afrikaners hulle sal moet voor­berei vir ‘n baie groot styging in die prys van rooivleis. Volgens hom gaan die prys van rooivleis met tussen 50% en 60% styg.
“Die uitgerekte droogte is die grootste faktor, maar daar is ook ander faktore wat ‘n rol speel, soos die massiewe styging in die prys van mielies, wat die stapelvoedsel vir beeste is voordat hülle mark toe gaan,” het Roodt gese.
Die hoof van Debt Rescue, Neil Roets, het bygevoeg dat benewens die styging in die prys van rooivleis sal verbruikers hülle ook moet voorberei vir ‘n verhoging van i8c/f vir petrol.
“Ons is op die voorpunt van ‘n perfekte Storni wat almal gaan raak, maar veral die ärmste van die armes, wat 50% van hui inkomste op kos spandeer,” se Roets.

“Brandstofse prys en die rentekoers gaanstyg”

Die voedseltekorte wat deur die droogte veroorsaak is, het daartoe gelei dat die prys van alle kos gestyg het.
Roodt reken die Reserwebank gaan rentekoerse van- jaar met minstens een persentasiepunt verhoog.
“Dis om inflasie te bekamp, wat teen die ein­de van die jaar 7% kan bereik.”
Hy het byge­voeg ‘n mens kan sien hoe drasties die situasie is as in ag geneem word dat die meeste verbruikers 75% van hul salaris aan finansiéle instansies skuld.
Intussen se die mayco-lid vir toerisme en ekonomiese ontwikkeling, Garreth Bloor, dat die jongste ver- slag oor die stand van die
Kaapse ekonomie redes vir hoop gee.
In die verslag Economic Performance Indicators for Cape Town (EPIC) oor die laaste kwartaal van 2015 staan dat werkloosheid met 4% gedaal het – dit staan nou op 20.5%.
Die groot- en kleinhandel-sek- tor was die grootste bydraer tot ekonomiese groei in die Wes- Kaap. Dié sektor het met 3% gegroei. “Dit was ook ‘n goeie toerisme-seisoen. ‘n Rekordgetal toeriste het Kaapstad besoek.
“Die getal passasiers wat op die Kaapstadse Internasionale Lughawe aangekom het, het met 11.2% gestyg, terwyl internasionale besoekers met 9.2% toege- neem het,” se Bloor.

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email