Verbruikers gaan Covid-19- pyn aan hul sak voel

Die Covid-19-pandemie is dalk net die spyker in die doodskis van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat dit in ’n diep en langdurige resessie kan dompel. Vir skuldbelaaide Suid-Afrikaners hou die beperkende maatreëls wat ingestel is vir die bekamping van Covid-19 niks goeds in nie, waarsku Neil Roets, uitvoerende hoof van die skuldberadingsfirma Debt Rescue. Die ekonoom Dawie Roodt van Efficient moet aangaan om kos op die tafel te sit – kos wat waarskynlik weens die swakker rand duurder sal word.

“Die rand is in die algemeen ’n barometer vir internasionale vrees oor markwisselvalligheid en ons sal waarskynlik nog geruime tyd druk op die geldeenheid sien,” sê Roodt. Die rand het Maandag omstreeks 13:00 teen R16,70 per dollar verhandel. Roets sê hulle maak gereed vir een van die besigste jare tot nog toe weens die stygende getal verbruikers wat om skuldhersiening aansoek doen. Skuldhersiening beteken dat verbruikers se skuldterugbetalings met alle krediteure heronderhandel word terwyl hul besteding streng beheer word. Dit beteken dikwels hulle betaal kleiner paaiemente en oor ’n langer tyd, en soms slaag skuldberaders daarin om skuld teen laer rentekoerse te herfinansier. Roets sê die verwagte daling in brandstofpryse kan ’n bietjie verligting vir verbruikers bring. “Ons het reeds ’n aansienlike toename gesien in verbruikers wat ons sedert die begin van die jaar vir skuldberading nader. Die president se aankondiging Sondagaand – Roets reken dis ’n uitgemaakte saak dat Moody’s Suid-Afrika tot rommelstatus sal afgradeer, wat rentekoerse eindelik weer sal opdruk. Dis ondanks die feit dat die meeste ekonome tans reken die Reserwebank sal eerskomende Donderdag die rentekoers verlaag. Byna die helfte van alle verbruikers is nou drie maande of langer agterstallig met hul betalings. Krediet- en winkelkaarte en ander ongesekureerde skuld, soos betaaldaglenings by mikrofinansierders, is die grootste sondebokke. 

Die werkloosheidskoers was in die vierde kwartaal van 2019 29,1%. Werkverliese word vanjaar veral in mynbou en vervaardiging verwag. Die Covid-19-pandemie gaan na verwagting ook die toerismebedryf, hotelle en restaurante, en winkels lamlê. 

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email