Wat om te weet oor die nuwe skuldwysigings wet

Neil Roets uitvoerende hoof van Debt Rescue praat oor die nuwe Skuld wysigings wet.

Die wet maak voorsiening vir skuldverligting deur byvoorbeeld skuld op te skort vir sekere tydperke of in sekere gevalle daarna skuld uit te wis.

Uitwissing van skuld soos per die wet is net van toepassing waar iemand slegs ongesekureerde krediet van minder as R50 000.00 het en waar sy of haar bruto inkomste minder as R7 500.00 per maand was vir die 6 maande voor die aansoek. Ongesekureerde krediet is krediet wat nie aan ‘n bate soos ‘n huis, meubels of ‘n motor gekoppel is wanneer dit toegestaan word nie. Die wet gaan dit ook moeiliker maak vir mense om lenings te bekom, omdat geregistreerde kredietverskaffers meer versigtig gaan wees om krediet toe te staan.

Neil Roets sê ook dat dit nog ‘n ruk gaan wees voordat die wet in werking gaan tree, aangesien daar nog nie ‘n datum van inwerkstelling aangekondig is nie. Die Nasionale Krediet Reguleerder gaan getaak wees met hierdie proses en hulle is nog nie naastenby gereed om al die mense te kan help wat gaan aansoek doen vir hulp nie.

Share op Twitter

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!