-->

Dié dinge gaan nou jou sak baie hard ruk

Johannesburg. – Die Reserwe bank se aggressiewe verhoging van die rentekoers gister gee mense op Skuldbult min of geen beweegruimte.
Dit is minstens die derde swaar slag vir Suid-Afrikaners naas die verswakking van die rand en die droogte en die gepaardgaande hoér kospryse, maar daar kom heel moontlik nóg ‘n paar, soos hoér belas- ting, ‘n hoér kragrekening én ‘n hoér petrolprys.
Mense wat geld skuld op ‘n huis en motor sai waarskynlik minstens ‘n paar honderd rand ekstra per maand iewers moet uitkrap.
Baie ekonome het verwag dat Lesetja Kganyago, Presi­dent van die Reserwebank, die repokoers met 0,25 persentasie- punt sou verhoog, maar hy het toe verras met ‘n 0,50 persentasiepunt-verhoging tot 6,75%. Die prima rentekoers is dus nou 10,25%.
Die bank is besig met ‘n opwaartse siklus met rentekoerse, het Kganyago gesé. Die mo- netére beleidskomitee se besluit “is wat ons glo in dié Stadium die beste is, veral ten opsigte van die inflasiekoers”.
Mense met ‘n huislening van R2 miljoen en motorskuld van R200 000 sai ‘n bykomende R711,74 moet betaal.
Ekonome en kenners verwag die verhoging al lank omdat daar opwaartse druk op infla- sie is. Kganyago is baie duidelik daaroor dat die monetère- beleidskomitee se fokus grootliks daarop gaan bly om infla- sie in bedwang te hou, veral met die groot druk wat die swak rand daarop plaas.
Ian Wason, uitvoerende hoof van DebtBusters, het gesè verbruikers het reeds gesukkel om hui skuld te betaal voor die verhoging.

“Daar is geen beweegruimte meer vir Suid-Afrikaners wat op skuld leef nie.”
Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, het gese men- se moet regmaak vir ‘n rowwe 2016. “Mense sal moet spaar en eerder kontant gebruik en dit is van kardinale belang dat hülle binne hui begroting moet leef.”
Die stygende rentekoers is nie al waaroor mense hülle vanjaar hoef te bekommer nie:
Belastingkenners van Deloitte voorspel dat Pravin Gordhan, minister van finansies, op 24 Februarie in sy begrotings- rede persoonlike belasting gaan opstoot.
Daarby wil Eskom die prys van elektrisiteit verhoog. Ken­ners voorspel dat dit enigiets tussen 8% en 17% sal wees.
Ondanks die laer Brent-ru- olieprys gaan die swak rand waarskynlik bydra tot ‘n 7c- styging in die petrolprys in Fe­bruarie, het Kganyago gese.
Die jongste rentekoersverhoging is dalk net die eerste van verskeie vanjaar, meen ekono­me. As die rentekoers vanjaar met altesame 1,25 persentasie- punt verhoog word, sal ‘n middelklasgesin met ‘n huisver- band van R2 miljoen en motor­skuld van R200 000 altesaam R1779,35 meer in hui begroting moet opspoor. Dit sluit nie die ekstra in wat nodig gaan wees vir duurder kos en krag nie.

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email