Hoër rentekoersprobleme

Johannesburg. – Die Reserwebank se onverwagse aggressiewe verhoging van die rentekoers gister gee mense op Skuldbult min of geen beweegruimte nie.
Dit is minstens die derde swa- re slag vir Suid-Afrikaners naas die verswakking van die rand en die droogte en sy gepaardgaande hoër kospryse, maar daar kom heel moontlik nóg ‘n paar, soos hoër belasting, ‘n hoër kragrekening en ‘n hoër petrolprys.
Mense wat geld skuld op ‘n
huis en motor, sal waarskynlik minstens ‘n paar honderd rand ekstra per maand iewers moet uitkrap.
Baie ekonome het verwag dat Lesetja Kganyago, président van die Reserwebank, die repokoers met 0,25 persentasiepunte sou verhoog, maar hy verras toe met ‘n 0,50 persentasiepunt-verhoging tôt 6,75%. Die prima ren­tekoers is dus nou 10,25%.
Die bank is besig met ‘n opwaartse siklus met rentekoerse, sê Kganyago. Die monetêre beleidskomitee se besluit “is wat ons glo in dié stadium die beste is, veral ten opsigte van die inflasiekoers”.
Dié met ‘n huislening van R2 miljoen en motor skuld van R200 000 sai ‘n bykomende R711,74 moet betaal.
Ekonome en kenners verwag die verhoging al lank omdat daar opwaartse druk op inflasie is. Kganyago is baie duidelik daaroor dat die monetêrebeleids- komitee se fokus grootliks daar- op gaan bly om inflasie in bedwang te hou, veral met die groot druk wat die swak rand daarop plaas.
Ian Wason, uitvoerende hoof van DebtBusters, se verbruikers het reeds voor die verhoging gesukkel om hui skuld te betaal. “Daar is geen beweegruimte meer vir Suid-Afrikaners oor wat op skuld leef nie.”
Neil Roets, uitvoerende hoof van Debt Rescue, se mense moet hülle regmaak vir ‘n rowwe 2016. “Mense sal moet spaar en eerder kontant gebruik en dit is van kardinale belang dat hülle binne hui begroting moet leef.”
Die stygende rentekoers is nie al waaroor mense hülle vanjaar hoef te bekommer nie. ■ Belastingkenners van Deloitte voorspel dat Pravin Gordhan, minister van finansies, op 24 Februarie in sy begrotingsrede persoonlike belasting gaan opstoot.
Daarby wil Eskom die prys van elektrisiteit verhoog. Ken­ners voorspel dat dit enigiets tussen 8% en 17% kan wees.
Ondanks die laer Brent-ru- olieprys gaan die swak rand waarskynlik bydra tot ‘n 7c-sty- ging in die petrolprys in Februarie, se Kganyago.
Die rentekoersverhoging is dalk maar net die eerste van verskeie vanjaar, meen ekono­me. As die rentekoers vanjaar met altesame 1,25 persentasie­punte verhoog word, gaan ‘n middelklasgesin met ‘n huisver- band van R2 miljoen en motor- skuld van R200 000 altesame RI 779,35 meer in hul begroting moet opspoor. Dit sluit nie die ekstra in wat nodig gaan wees vir kos en krag nie.
Gordhan gaan nou die groot taak hè om in Februarie Suid- Afrikaners, en beleggers elders in die wèreld, te paai met sy be­groting en pian om die land uit die rooi te kry.

Like
Like Love Haha Wow Sad Angry

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email