-->

RAND,OLIE WURG BEURSIES

SA verbruikers kan hülle regmaak vir moeilike tyd die res van die jaar

KAAPSTAD. – Olie, kos en die rand.
Die drie bestanddele gaan Suid-Afrika se ekonomie en ver-bruikers se lot vir die res van die jaar bepaal, se die ekonoom Cees Bruggemans.
Die olieprys-meevaller wat die afgelope sewe maande meer geld in verbruikers se sak geplaas het, loop Woensdag amptelik ten einde. Die petrolprys styg mid- dernag met 96c per liter en die dieselprys met 74c per liter – die gevolg van die stygende olieprys die afgelope maand.
In April styg die brandstofpry- se weer – met 80,5c – selfs nog voordat die olieprys of die rand- dollar-wisselkoers in berekening gebring is. Dit verteenwoordig die styging in die brandstof- en Padongelukfondsheffing wat Nhlanhla Nene, minister van fi- nansies, verlede week in sy be- grotingsrede aangekondig het.
Verskeie magte begin nou teen die verbruiker tel, soos on- der meer:
? Die rand bly onstabiel. Die geldeenheid het Maandag in die omgewing van RIO,74 teenoor die dollar verhandel. ‘n Swak rand hou die prys van alle in- voerprodukte hoog;
? Die Amerikaanse Federale Re- serweraad (Fed) het pas aange- dui dat hy nie immer geduldig gaan wees wat die verhoging van rentekoerse betref nie. Suid-
Afrika se Reserwebank hou vol dat as Amerikaanse koerse styg, plaaslike koerse sal moet styg;
? Die verhoging in inkomstebe- lasting wat veral middel- tot ho- erinkomstegroepe gaan tref, sal reeds op verbruikers se Maart- salarisstrokie wys;
? Erge droogte in die binne- landse broodmandjie (die mielie- streke in die Oos-Vrystaat, Noordwes en elders) kan tot ‘n derde van die mielie-oes ver- woes en sal kosprysinflasie weer laat versnel;
? Eskom se kragonderbrekings ondermyn sakevertroue, wat be- steding deur maatskappye demp; en
? Loononderhandelings in so- wel die staat- as private sektor
moet nog voltrek word en as dit hoog is, sal dit inflasie opwaarts druk.
Volgens Neil Roets, uitvoeren- de hoof van die skuldbemidde- lingsfirma Debt Rescue, gaan veral hoermiddelklas-verbrui- kers die spit afbyt omdat hulle voertuie het en moontlik deur die belastingverhogings geraak word.
Baie verbruikers is ondanks die laer brandstofpryse steeds diep in die skuld en betaal ge- middeld 75% van hui salaris nä aftrekkings aan krediteure.
“Baie voorheen middelklas- Suid-Afrikaners het in die skuldstrik beland en baie van hulle val ook in die belasting- kerf wat met nog een persenta- siepunt belas gaan word.”
Dr. Roelof Botha, raadgewen- de ekonoom van PwC, beaam dat daar baie negatiewe faktore is. Verbruikers se reele salaris (dus wanneer inflasie afgetrek is) styg egter steeds en hy ver- wag dat hulle vanjaar effens be- ter daaraan toe gaan wees as in 2014.
“Dis net mense in die hoogste twee belastingkerwe wie se be- lasting styg en dis ‘n marginale verhoging.”
Botha se die hulpbronprys- siklus is uiters onvoorspelbaar en kan binne 30 dae omswaai. Daar is reeds tekens dat daar ‘n groter vraag na olie en staal is en as dit volhoubaar is, sal die staat se inkomste uit maatskap- pybelasting ‘n hupstoot kry.
Dis nog ver op die horison, maar as maatskappybelasting styg, is daar ‘n goeie kans dat verbruikers in die volgende fis- kale jaar belastingverligting sal kry. Botha se aangesien Medupi se eenheid 6 Maandag ook aan- geskakel is (en teen Junie heel- temal gekoppel sal wees), neem die moontlikheid van beurtkrag af, wat baie van die onsekerheid uit die ekonomiese vooruitsigte haal.
Bruggemans se dis onwaar- skynlik dat die Reserwebank rentekoerse gou sal verhoog ge- gewe die trae ekonomiese groei, maar hy verwag tog dat dit in die tweede helfte van die jaar verhoog sal word.

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email