-->

‘Verbruikers sai gordel in 2017 moet styf trek’

Hanlie Stadler

Suid-Afrikaanse verbruikers moet huile gereed maak vir ‘n moeilike jaar.

Die petrolprys styg reeds Woensdag met tot 50c per liter en dit is dalk nie naastenby die slegste niius wat skuldbelaaide verbruikers sai moet verdum­me.

Inflasie – veral wat kospryse betref – gaan nog geruime tyd hemelhoog wees, met veral vleispryse wat volgens landbou- ekonome nog lank skerp gaan styg.

Neil Roets, uitvoerende hoof van die skuldberadingsfirma Debt Rescue, beskou ‘n rente- koersverhoging as “bykans ‘n sekerheid” nadat die Amerikaanse Federale Reserweraad in Desember sy rentekoers verhoog het.

Die Reserwebank besluit so gou as 24 Januarie oor die plaaslike rentekoers.

‘n Hoër rentekoers sai mense met baie skuld hard tref.

Verskeie ander ekonome het ook al gewaarsku dat die rente­koers nog een keer verhoog kan word, moontlik in Januarie of Maart, indien die rand aan die begin van die jaar skerp verswak. Die hoop bestaan darem dat die rentekoers in die tweede helfte van 2017 verlaag sai word.

Roets sé die vooruitsig vir die Suid-Afrikaanse ekonomie in 2017 is baie droefgeestig.

Groei gaan aan bande gelé word deur ‘n tekort aan water en krag, wat produksie kan ontwrig en investering kan ontmoedig, volgens ‘n verslag van FocusEconomics. Ekonomiese groei van tussen 1% en 1,4% word deur ontleders voorspel.

Suid-Afrika is reeds op ‘n per capita-grondslag in ‘n resessie, wat beteken die ekonomie groei stadiger as die bevolkingsgroei. 2017 kan die Vierde jaar van negatiewe per capita-groei wees.

“Dit voel hartseer dat ons so pessimisties moet wees op so ‘n gelukkige tyd van die jaar, maar hoe gouer verbruikers besef dat die ekonomie in die moeilikheid is en hul gordels intrek, hoe minder mense sai na ons toe moet kom om hulle uit te help deur hulle in skuldhersiening te plaas,” sé Roets.

Talle Suid-Afrikaners wat reeds deur die loop van 2016 kwalik uitgekom het met hul geld, het nóg skuld gemaak vir ‘n lekker vakansietyd. Skuld wat op krediet- of winkelkaarte aangegaan is of lenings by mi- kroleningfirmas gaan hul tol eis in die vorm van hemelhoè rentekoerse.

Roets sé Januarie is maar elke jaar ‘n moeilike maand vir verbruikers.

“Ons sien meer nuwe kliènte wat hulp soek met die afbetaling van hul skuld in Januarie en Februarie as in enige ander maand van die jaar, juis omdat hulle meer skuld aangegaan het in die vakansietyd.

“Ouers besef skielik hulle moet skoolgeld betaal waarvoor hulle nie begroot het nie en met kredietkaarte op die maksimum vir luukshede in November en Desember het hulle nie veel van ‘n keuse as om hulp te soek deur skuldhersiening nie.”

Mense wat in skuldhersiening is, word teen hul krediteure beskerm, maar dit bring op sigself ander koste en beperkinge mee.

Roets sé mense moet eenvoudig begroot – nie net vir Janua­rie se bykomende uitgawes nie, maar ook vir die afbetaling van hul skuld.

Verbruikers het nou sowat R1 600 miljard skuld, wat Suid- Afrika een van die lande maak met die mees skuldbelaaide inwoners, sé Roets.

Meer as die helfte van ver­bruikers is drie of meer maande agterstallig met van hul rekeninge.

Need immediate financial help?

Thank you!

We look forward to the opportunity to get you debt-free!

Subscribe to Our Weekly Email